Tiger skeer hakskeensening, eers uit March 12, 2025

Die vyftienmalige Major-kampioen, Tiger Woods, is geopereer nadat hy sy linker-hakskeensening geskeur het toe hy tuis geoefen het. Die 49-jarige Woods sê in ʼn verklaring dokter Charlton Stucken van die Hospitaal vir Spesiale Operasies in Florida het die sening met minimum ingryping herstel. Hy sê die operasie het goed afgeloop en hy sal waarskynlik ten volle herstel. Woods, wat in Julie verlede jaar laas in ʼn amptelike PGA-toer meegeding het, kan moontlik ook Die Meesters by die Augusta Nasionaal misloop.