Reën verdryf kommandowurms, ten minste in OshanaMarch 12, 2025
Boere in noordelike streke het vroeër gesukkel met ‘n uitbreking van herfskommandowurms, wat mielie- en mahangu-lande vernietig. Na uiters goeie neerslae het die wurms op die vlug geslaan en die situasie in die Oshana-streek is onder beheer, tot die volgende seisoen. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshana-streek verduidelik.
Beide Zambië en Zimbabwe sukkel ook tans met herfskommandowurms wat oeste bedreig.