Oekraïne stem in vir 30 dae skietstilstand March 12, 2025

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land is gereed om ʼn onmiddellike skietstilstand van 30 dae in die oorlog teen Rusland te aanvaar. Dit volg ná vredesamesprekings met Amerika in Saoedi-Arabië. Die ooreenkoms dek die hele frontlinie teen Moskou en nie net lug- en see-aanvalle nie. Zelensky sê Amerika moet Rusland nou oorreed. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê as Rusland die aanbod verwerp, sal die wêreld weet wat in die pad van vrede staan: