Minstens 100 passasiers bevry van Pakistanse treinbelegMarch 12, 2025
Gewapende militante in die Balochistan-streek in Pakistan het ‘n trein met meer as 400 passasiers aangeval en ‘n aantal gyselaar geneem. Die Baloch-bevrydingsleër sê hulle het bomme op die spoor geplant voordat hulle die sneltrein in die afgeleë Sibi-distrik bestorm het. Ten minste 16 militante is dood en 100 passasiers bevry, waaronder 17 beseerde passasiers wat na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling. Die militante het gedreig om die gyselaars dood te maak as die owerhede nie die groep se politieke gevangenes binne 48-uur vrylaat nie. Veiligheidsmagte sê hulle het honderde troepe ontplooi om die oorblywende passasiers te red.