IPC nou amptelike opposisie, wat sal word van PDM?March 12, 2025

Die nuwe lede van die Nasionale Vergadering word volgende week ingesweer. Die PDM onder die leierskap van McHenry Venaani, het sy status as die amptelike opposisieparty verloor. Hulle word deur die Independent Patriots of Change vervang. Die IPC moet nog hul leier vir die Nasionale Vergadering aanwys, aangesien dié party se president, dr. Panduleni Itula, nie op hul parlementêre lys is nie. In dié groot politieke skuif ontstaan vrae oor die PDM se toekoms en die IPC se doeltreffenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Rui Tyitende gesels.