Hardap is tans op amper 24 persentMarch 12, 2025
Die Hardapdam neem steeds water in. Met die laaste lesing Dinsdagaand om agt-uur was die dam op 23,9 persent, op van 23,3 persent agt-uur Dinsdagoggend. Die dam het met die laaste lesing 70,3 miljoen kubieke meter water gehad met invloei wat op 40,8 kubieke meter per sekonde aangeteken is. Dit kom na goeie neerslae oor die naweek in die dam se opvangsgebied. Met Maandag se weeklikse dambulletin was Hardap 22,2 persent vol.