Groenland se opposisie verras, wen verkiesingMarch 12, 2025

Groenland se senter-regse opposisie het ‘n verrassende algemene verkiesingsoorwinning behaal in ‘n stemming wat gedomineer is deur onafhanklikheid en die Amerikaanse president Donald Trump se onderneming om die deels-onafhanklike land oor te neem. Die Demokraatit Party verkies ‘n geleidelike benadering tot onafhanklikheid van Denemarke en het bykans 30-persent van die stemme ontvang. Dit sal nou met die ander partye moet onderhandel om ‘n koalisie op die been te bring. Sedert Trump in Januarie weer president geword het, het hy sy voorneme herbevestig om die streek oor te neem en beweer Amerika het die eiland vir nasionale sekuriteit nodig.