Chris Eubank Jr swaar beboet oor eier-in-die-gesig voorvalMarch 12, 2025

Boks: Chris Eubank Junior is met bykans 2,4-miljoen Namibiese dollar beboet nadat hy nog ‘n Britse bokser, Conor Benn, met ‘n eier in die gesig geslaan het gedurende ‘n onderonsie voor volgende maand se wraakgeveg. Eubank het verlede maand op ‘n nuuskonferensie verwys na Benn se twee positiewe opkikkertoetse in 2022. Die Wêreldboksraad het Benn onskuldig bevind nadat hulle sy verduideliking van ‘n verhoogde inname van eiers as die rede aanvaar het. Eubank het ‘n eier uit sy sak geruk en Benn daarmee geslaan.