S&T en kraamvoordele opgestoot vir staatsamptenareMarch 11, 2025

Staatsamptenare kry ‘n verhoging in beide kraamvoordele sowel as daaglikse S&T tariewe. Die aankondiging is deur die uitvoerende direkteur in die kantoor van die Eerste Minister I-Ben Nashandi op Swakopmund by hulle beplanningsvergadering gemaak. Die amptenare het gejubel.

Dit is nog nie bekend gemaak met presies hoeveel die voordele styg nie maar, die laaste verhoging was in 2008.