LPM word ses jaar oudMarch 11, 2025

Die Landless People’s Movement se jeugliga het jongmense genooi om môreaand om 18:00 ‘n openbare lesing by te woon ter viering van dié beweging se sesde bestaansjaar. Die lesing sal fokus op die rol van grond in ekonomiese ontwikkeling, welvaartskepping en sosiale geregtigheid. Politieke sleutelfigure, ekonomiese denkers en voorstanders van grondregte sal insigte deel. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala, jeugleier van die LPM, gesels.