Kommer oor toenemende voorkoms van dwelmsMarch 11, 2025

NamPol het kommer oor dwelmsmokkel in die land. Dit kom na nog beslagleggings. In Opuwo het ‘n 53-jarige man ‘n sak dagga gehad ter waarde van 47 800 Namibiese dollar, asook 13 Yes-sigarette en 5 530 dollar in kontant. ‘n Man by die T-aansluiting van die C20 en B1 paaie in Mariental is betrap met 33 sakkies skunk dagga en los dagga met ‘n totale waarde van 3 750 dollar. ‘n 31-jarige Namibiese man is by ‘n Mururani polisie-kontrolepunt in Kavango-Wes aangekeer met ‘n groot sak vol dagga en 46 balies skunk dagga, en ‘n Angolese man het in Mpora-dorpie naby Mururani 245 balies dagga by hom gehad. Die waarde van die dagga is nog nie bekend nie.