Hupstoot vir krag in Hardap March 11, 2025
Die regering het 12 miljoen Namibiese dollar opsy gesit vir elektrifiseringsprojekte in die Hardap- en //Kharas-streke vir die 2025/26-boekjaar. Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê die regering onderhandel met NamPower om dié bedrag aan te vul. Shilunga het vandag op Maltahöhe gesê die yl bevolkingsverspreiding in Hardap maak die elektrifisifering van dié streek duur. Die regering se fokus is nou op informele nedersettings in die gebied, aldus Shilunga. Volgens die jongste sensus het 62 persent van Hardap se bevolking toegang tot krag.