Hentiesbaaiers soek Vermaak se bloedMarch 11, 2025
Die herrie is los in Hentiesbaai. Inwoners eis dat die minister van stedelike ontwikkeling die burgemeester Lewies Vermaak afdank. Volgens die inwoners het Vermaak ‘n opdrag van die minister geïgnoreer. Die inwoners het ‘n versoekskrif aan die streeksgoewerneur Neville Andre oorhandig. Gemeenskapsverteenwoordiger Jessica Basson het hulle griewe so uiteen gesit.
Daar is ‘n geruime tyd probleme met die vakansiedorp se bestuur, met aantygings van korrupsie, ook onder verkeersbeamptes, en meer.