Enoch moet begroting aanpas vir veranderende geopolitiekMarch 11, 2025

Business Leadership South Africa sê die vinnige veranderings in die geopolitiek beteken dat die begrotingsrede gelewer word in ‘n verskillende konteks. Die minister van Finansies Enoch Godongwana lê môre die begroting voor nadat dit verlede maand uitgestel is weens onenigheid oor ‘n voorgestelde twee-persent verhoging in BTW. Die uitvoerende hoof van BLSA Busisiwe Mavuso sê Amerika se onttrekking van befondsing beteken die regering sal deels voorsiening moet maak vir die agterstand. Sy sê die regering moet bestee waar dit belegging kan aanvuur.