Dis vyf jaar sedert Covid tot pandemie verklaar isMarch 11, 2025
Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het vandag vyf jaar gelede aangekondig Covid-19 het ‘n pandemie geword, toe die wêreld uiteindelik behoorlik bewus geword het van die dreigende ramp. Die hoof van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het op 11 Maart 2020 op ‘n nuuskonferensie gesê die erger-wordende uitbreking kan bestempel word as ‘n pandemie. Eers toe het baie lande besef hoe ernstig die situasie was, en begin optree. Namibië se eerste geval is laat die Vrydagnag op 13 Maart bevestig en die Saterdagoggend aangekondig.