Cholera-geval in Kunene bevestigMarch 11, 2025
Die ministerie van gesondheid het een geval van cholera in die Kunene-streek bevestig. ‘n Vrou is vroeër vandeesmaand in die distrikshospitaal op Opuwo opgeneem en behandel. Sy het herstel en is intussen ontslaan. Die ministerie het beklemtoon dat sterk maatreëls in plek is om die situasie te bestuur en die publiek versoek om kalm te bly. Hulle is besig met ‘n ondersoek om die oorsprong van die geval te bepaal om verdere verspreiding te voorkom.