BTW-verhoging kan GBV in SA verergerMarch 11, 2025
Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika sê ‘n moontlike 2 persent BTW-verhoging kan ernstige gevolge inhou vir skuilings wat slagoffers van geslagsgeweld ondersteun. Die stygende onkoste en onvoorspelbare befondsing, kan skuilings dwing om hul dienste te verminder of behoeftiges weg te wys. Die beweging se koördineerder, Anisa Moosa, vrees die voorgestelde BTW-verhoging kan die finansiële spanning verder aanwakker en lei tot ‘n toename in geweldsmisdade teen vroue en kinders: