Wêreld se verwarmingsdrempel oorskry in 2020March 10, 2025
‘n Studie deur die Oseane-instituut aan die Universiteit van Wes-Australië, dui aan die wêreld het in 2020 sy 1,5-grade Celsius-verwarmingsdrempel oorskry. Wetenskaplikes het lewende Karibiese sklerosponse bestudeer en ‘n oseaan-temperatuur-tydlyn geskep wat terugdateer na die 1700’s. Die studie toon die wêreld het ongeveer 80 jaar voor die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering se ramings begin opwarm. Die studie se hoofouteur, Malcolm McCulloch, sê die aardverwarmings-tydlyn vir die vermindering van uitstralings om gevaarlike klimaatsverandering te versag, moes minstens ‘n dekade vroeër begin het.