Waghond vir burgerlike vryheid plaas VSA op lysMarch 10, 2025

Amerika is op vanjaar se Civicus Monitor Watchlist saam met die Demokratiese Republiek die Kongo, Italië, Pakistan en Serwië. Die lys hou verwikkelings wat burgerlike vryheid betref in 198 lande dop. Civicus, ʼn internasionale organisasie sonder winsbejag, sê die besluit is weens president Donald Trump se administrasie se aanval op demokratiese norme en globale samewerking. Die organisasie se mede-hoofsekretaris, Mandeep Tiwana, beskryf Trump se optrede sedert hy aan bewind gekom het as ʼn aanval op die oppergesag van die reg.