Tennis: Medvedev, Tsitsipas en Swiatek deur na laaste 16 in Indian WellsMarch 10, 2025
Verlede jaar se naaswenner, Daniil Medvedev, is deur na die ronde van 16 van die Indian Wells-meesterstoernooi in Amerika. Die Rus het deurgedring nadat sy plaaslike teenstander, Alex Michelsen, weens voedselvergiftiging moes handdoek ingooi na slegs twee potte. Die agste-gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland het die Italianer Matteo Berrettini geklop, terwyl die Japannese kwalifiseerder Yosuke Watanuki met die Amerikaner Frances Tiafoe afgereken het. In die vroueafdeling het die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, Dayana Yastremska van Oekraïne verslaan.