Ten spyte van waarskuwings, verdrink 4 in die NoordeMarch 10, 2025

Ten spyte van herhaalde waarskuwings na ouers en lede van die publiek het vier mense, waaronder twee kinders, oor die naweek in verskeie oshanas in die noordelike streke verdrink. Volgens NamPol het die 31-jarige Tomas Natangwe Nghindipo by Onantsi-dorpie in die Oshikoto-streek verdrink toe hy ‘n vol pan probeer oorsteek het. Die liggaam van Alweendo Johannes, 44, is by Omaala naby Ongwediva in die Oshana-streek in ‘n pan water gevind na hy in die water geval en verdrink het. By Oshakati het twee seuns, ‘n ses-jarige en ‘n nege-jarige, verdrink terwyl hulle saam met maats in vol panne geswem en in die moeilikheid geraak het.