Politieke en etniese geweld vlam op in SiriëMarch 10, 2025
Die tussentydse president van Sirië, Ahmad al-Sharaa, het ‘n beroep op eenheid gedoen terwyl geweld en wraakmoorde in die kusprovinsies Latakia en Tartus voortduur. Die moorde op burgerlikes het begin met mense lojaal aan die Assad-regime, maar het volgens berigte versprei na alle minderheidsgroepe. Die BBC berig dat inwoners van Hai Al Kusour, ‘n oorwegend Alawitiese woonbuurt in die stad Banias, sê die strate is gevul is met opgestapelde liggame vol bloed. Mans van verskillende ouderdomme is volgens hulle daar doodgeskiet. Die Christian Emergency Alliance, wat vervolgde Christene regoor die wêreld bystaan, het ‘n video deur ‘n ongenoemde Siriese man op X gedeel. Luister self.