Mark vir ruvoerprodyksie dringend nodig March 10, 2025
Namibië sal noodgedwonge ’n standvastige mark vir ruvoerproduksie moet ontwikkel vir langtermyn sekerheid. Die voorkoms van bek-en-klouseersiekte in Suid-Afrika beteken die verkryging van ruvoer uit die buurland sal in die voorsienbare toekoms moeilik bly. “Indien Namibië oor die langtermyn sekerheid wil hê oor die beskikbaarheid van ruvoer, sal ons ’n binnelandse mark vir produsente moet vestig. Terselfdertyd bied dit ’n geleentheid vir tradisionele mielieprodusente wat wisselbou onder besproeiing wil toepas. Die situasie met die invoer van ruvoer uit Suid-Afrika gaan nie gou verander nie; dit sal ’n uitdaging bly,” sê Jaco Labuschagne, algemene bestuurder van Voermeester. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner, Wallie Roux, gepraat wat sê Namibië sal ‘n drastiese plan moet maak.