Man, 52, vas vir verkragting van gestremde meisie, 9March 10, 2025
‘n 52-jarige man is in Okadhiya dorpie in die Oshikoto-streek gearresteer nadat hy na bewering ‘n verstandelik gestremde slagoffer in haar slaapkamer verkrag het. Haar ouderdom is onbekend. Volgens die polisie het die man die kamer waar sy met ‘n nege-jarige seun geslaap het binnegegaan en intiem met haar verkeer. Die seun het die slagoffer se pa gaan wakkermaak, maar die verdagte het weggehardloop. Hy sal na verwagting vandag in die Ondangwa landdroshof verskyn.