Korrupsie en soewereine welvaartsfondse vandag in die soekligMarch 10, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is vanoggend mede-gasheer met die Teenkorrupsie-kommissie vir ‘n aanbieding deur Noorweë se Government Pension Fund Global en sy rol in die stryd teen korrupsie. Die hoofspreker is Kjell Kristian Dørum, hoofadviseur vir korrupsie-risiko’s vir die Noorse fonds. Namibië het in 2022 die Welwitschia Soewereine Welvaartfonds van stapel gestuur, wat hierdie bespreking uiters relevant maak. Die Welwitschia-fonds het intussen gegroei tot 453 miljoen Namibiese dollar. Die aanbieding sal van 10-uur tot 12-uur by die ACC Ouditorium plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, oor die belangrikheid van die geleentheid.