HyIron se produksie begin binnekortMarch 10, 2025

Oor ongeveer twee weke sal die HyIron-Oshivela-projek begin om groenyster op industriële skaal te vervaardig. Die projekbestuurder Johannes Michels het ‘n opdatering gegee oor die vordering op die terrein naby Arandis, en onthul dat groot installasies byna voltooi is. Die span berei nou voor vir die eerste produksie van direk-verminderde ystererts. Die ontwikkeling is ‘n belangrike mylpaal vir Namibië se groenwaterstof-sektor asook die wêreldwye staalbedryf. Michels gee meer inligting.