Diego Maradona-verhoor beginMarch 10, 2025
‘n Verhoor teen die mediese span van die ontslape sokker-ikoon, Diego Maradona, begin môre in Argentinië. Die medici staan tereg op klagte van manslag en nalatigheid. Die verhoor, wat na verwagting maande lank sal duur, begin meer as vier jaar ná Maradona se dood in November 2020 aan hartversaking op die ouderdom van 60 nadat hy dae vroeër breinoperasies ondergaan het. Sy mediese span verwerp oor die algemeen die aanklagte. ’n Hof in San Isidro, aan die buitewyke van Buenos Aires, sal na byna 120 getuienisse luister.