Bok-vrouesewes steeds positief na 17-0 verlies March 10, 2025

Die Springbok-vrouesewes-afrigter Renfred Dazel vertrou hulle sal steeds vir 2025 kwalifiseer ondanks ‘n 17-0 loesing deur Kenia in die eindstryd van die Wêreldrugbysewes-uitdaging in Kaapstad. Dazel sê Suid-Afrika is nou tweede op die punteleer voor volgende maand se finale Uitdagingtoernooi in Pole. Die groep sien uit na die uitspeelwedstryde in Mei in Los Angeles: