Trump-regering stop befondsing vir Columbia-universiteitMarch 9, 2025
Die Trump-administrasie het 7,3-miljard Namibiese dollar se federale befondsing vir die universiteit van Columbia gekanselleer en sê hulle het nie anti-Semitisme op die kampus beveg nie. Die New Yorkse kollege was verlede jaar die brandpunt van pro-Palestynse betogings op kampusse teen die oorlog in Gaza en Amerikaanse steun vir Israel. ‘n Woordvoerder van Columbia het aan die BBC gesê die universiteit hersien die aankondiging en beloof om met die regering saam te werk om befondsing weer in te stel. Columbia is een van Amerika se mees vooraanstaande universiteite en het ongeveer 30 000 studente.