NamPower in ‘strategiese posisie vir hernubare energie’March 9, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad het in die week ‘n openbare vergadering oor NamPower se grootmaat-tariefaansoek van 17,5 persent in die Otjozondjupa-streeksraadsaal aangebied. ‘n Vraag is gevra oor die rol van NamPower en potensiële voordele vir die elektrisiteitsverskaffer in die ontluikende groenwaterstof-sektor. Pinehas Mutota, die raad se uitvoerende beampte vir ekonomiese- en markregulering, het NamPower se strategiese posisie om hernubare energiebronne in die nasionale netwerk te integreer beklemtoon.