Haaie wen SA-skild na VRK-stryd teen LeeusMarch 9, 2025

Rugby: Die Haaie het die Leeus met 25-22 geklop in ‘n taai Verenigde Rugby Kampioenskapstryd op Kingspark in Durban. Vir die tuisspan het die Springbokkaptein Siya Kolisi twee drieë gedruk, met Grant Williams en Nick Hatton wat ook oorgeduik het. Jordan Hendrikse het geslaag met ‘n strafskop en ‘n doelskop. Die Leeus se punte het gekom van drieë deur Tapiwa Mafura, Richard Kriel en Franco Marais, met twee verdoelings en ‘n strafskop deur Gianni Lombard. Die bonuspunt-oorwinning was genoeg vir die Haaie om die SA-skild in te palm.