Gesondheidsprodukte-owerheid waarsku teen onwettige middelsMarch 9, 2025
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid waarsku dat dit onwettig is om enige middel op die mark te hê wat nie deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde geëvalueer is nie. Die polisie het dié week beslag gelê op geskeduleerde medisyne, steroïde en ander prestasie-verbeterende middels ter waarde van 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by ‘n selfbergingsgerief in die noorde van Pretoria. Die woordvoerder van die owerheid, Mokgadi Fafudi, beklemtoon dat die stowwe onwettig en ongoedgekeur is.