Frankryk verpletter Ierland se Sesnasies-droomMarch 9, 2025

Rugby: ‘n Verwoestende vertoning deur Frankryk het uitgeloop op ‘n 42-27-oorwinning oor Ierland, wat die gashere se droom verpletter het van ‘n Sesnasies Grand Slam. Die Franse was met rustyd 8-13 agter maar het teruggeveg vir ‘n oorwinning, wat hulle die gunstelinge maak om die Sesnasies in te palm. In die naweek se ander Sesnasieskragmeting het Skotland hulle veldtog weer op koers gekry met ‘n 35-29-tuissege oor Wallis. Frankryk is nou met twee punte bo aan die punteleer met hulle laaste wedstryd volgende Saterdag tuis teen Skotland.