Cadillac sluit in 2026 by F1 aanMarch 9, 2025
Motorsport: ‘n Cadillac-inskrywing deur General Motors gesteun sal volgende jaar Formule Een se 11de span word nadat formele goedkeuring verkry is van die kommersiële regte-eienaars en die beherende FIA. Die F1-uitvoerende hoof Stefano Domenicali sê die voorneme van General Motors om ‘n Cadillac-span na Formule Een te bring is ‘n belangrike en positiewe bewys van die evolusie van die sport. Die president van die FIA Mohammed Ben Sulayem sê die uitbreiding na elf spanne is ‘n mylpaal en die nuwe span sal toekomstige mededingers en aanhangers inspireer.