Wateradviesraad op pad, asook lisensies vir boorgateMarch 8, 2025

Die landbouministerie het boere, plaaslike owerhede en myne in Tsumeb betrek om die Wet op die Bestuur van Waterhulpbronne te bespreek, in ‘n poging om waterbronne te bestuur, te ontwikkel, te bewaar en te beskerm. Namibië hef nie betalings op rou water nie, en enigiemand kan boorgate boor en die water gebruik. Rou water-gebruikers sal egter vir ‘n lisensie moet aansoek doen voordat nuwe boorgate geboor word. ‘n Wateradviesraad met 11 lede sal gestig word om beleid vir die bestuur van waterbronne te ontwikkel. Waterreguleerders, prysbeleide en watertribunale sal ook na goedkeuring deur die minister op die been gebring word. Sakeus Ihemba, die waarnemende adjunk-direkteur van die landbouministerie se geohidroligiese afdeling, het die vergadering toegespreek.