Siriese magte in hewige gevegte met Assad-lojalisteMarch 8, 2025
Magte verbonde aan Sirië se nuwe regering is in hewige gevegte met soldate lojaal aan die onttroonde president Bashar al-Assad aan die kus van die land gewikkel. Dit is die ergste geweld in Sirië sedert die rebelle Assad in Desember onttroon het en ‘n Islamitiese oorgangsregering ingestel het. ‘n Oorlogsmoniteringsgroep sê meer as 70 mense is reeds dood. Sirië se minister van Buitelandse Sake het vroeër aan die internasionale waghond oor chemiese wapens gesê die nuwe regering verbind homself tot die vernietiging van enige oorblywende wapens wat tydens Assad se bewind vervaardig is.