Napso hou atletiekdag op StamprietMarch 8, 2025

Die Namibiese privaatskole-organisasie, Napso, hou sy jaarlikse atletiekbyeenkoms by die Elnatan Privaatskool in Stampriet. Atlete van Napso-verbonde skole neem deel aan ‘n verskeidenheid baan- en velddissiplines, met die toppresteerders wat Napso internasionaal sal verteenwoordig. In teenstelling met vorige jare, waar spanne uit sowel streeks- as nasionale toernooie bepaal is, sal die topatlete vanjaar dadelik wêreldwyd kan deelneem. Johan-André Fourie, Napso se uitvoerende hoof, hetaan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die top tien atlete na Europa kan reis vir ekstra toernooie. Fourie vertel meer van die atletiekdag.