Zambezi steier onder malaria-gevalleMarch 7, 2025

Zambezi is hard getref deur malaria met 3 385 gevalle en een sterfte wat sedert Januarie aangemeld is. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula sê besproeiing van gifstowwe sal hervat word en hy doen ‘n beroep op gemeenskapslede om toegang te gee vir die spanne. Hy sê hy is teleurgesteld dat talle huishoudings spanne geweier het en vra dat tradisionele owerhede met hulle gemeenskappe in die verband praat. Die gif wat gebruik word is skadeloos vir mense.