Swartpette hoop Matt Henry is reg vir eindstryd teen IndiëMarch 7, 2025

Krieket: Nieu-Seeland hoop snelbouler Matt Henry herstel betyds van ‘n skouerbesering voor hulle Kampioenetrofee-eindstryd Sondag in Doebai teen Indië. Henry het sy regterskouer beseer terwyl hy ‘n bal probeer vang het in die halfeindstryd Woensdag teen Suid-Afrika. Hy is ‘n sleutelspeler in Nieu-Seeland se droom om die 50-boulbeurt-toernooi te wen. Hy het juis boulsyfers van vyf paaltjies vir 42 lopies teen Indië aangeteken in ‘n wedstryd wat Indië gewen het. Dié laast groepwedstryd was van geen belang vir die uitkloprondtes van die toernooi nie.