Swapo hou uiteindelik sy kongresMarch 7, 2025
Swapo se buitengewone Kongres om ‘n nuwe partyleierskap te verkies, wat nie sonder kontroversie is nie, vind van vandag tot Sondag plaas. Vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah is deur die party se sentrale komitee onderskryf as die enigste presidentskandidaat en sal op die kongres aangestel word. Die komitee het ook die vise-president-posisie tot 2027 gevries, wat deur Swapo staatmaker Jerry Ekandjo as ongrondwetlik gekritiseer is. Kosmos 94.1 Nuus het met Swapo se adjunk-sekretaris generaal Uahekua Herunga oor die kongres gesels.