Sondag herdenk die African Peer Review Mechanism sy dagMarch 7, 2025
Die African Peer Review Mechanism se nasionale struktuur sal APRM-dag Sondag herdenk. Die jaar het die meganisme ‘n gesamentlike sitting van die 3de buitengewone beraad en die 34ste gewone sitting van die APR-forum van staatshoofde en regeringshoofde gehou op die kantlyn van die 38ste Afrika-unie beraad in Addis Abeba, Ethiopië. Kosmos 94.1 Nuus het met die ondervoorsitter van die beheerraad van die meganisme, dr. Betty Schroeder, gepraat oor wat die volgende verslag sal behels.