Siektes soos MIV, TB sal toeneem met hulp wat afgesny isMarch 7, 2025

Sister Namibia betreur die impak van Amerikaanse president Donald Trump se 90-dae bevriesing van buitelandse hulp. Die organisasie het die deurslaggewende rol van hierdie hulp in die ondersteuning van gemarginaliseerde gemeenskappe uitgewys, veral die LGBT-gemeenskap, wat dikwels op nie-regeringsorganisasies staatmaak vir gesondheidsorgdienste. Dit waarsku dat besnoeiing van finansiering ernstige gevolge kan hê, wat gesondheidsrisiko’s soos TB en MIV-verwante sterftes verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Brigit Loots, Sister Namibia se nasionale koördineerder.