Owela-sentrum word opgeknap: onderwysministerieMarch 7, 2025
Die Owela-uitstalling- en opvoedingsentrum, ‘n museum naby die ou Staatshuis en langs die Nasionale Biblioteek in Windhoek, was onlangs in die nuus omdat die terrein deur hawelose mense beset was. Die sentrum is in Maart 2020 tydelik gesluit tydens die Covid-19-pandemie, en het in ‘n vullishoop verander. Vrywilligers het intussen die terrein skoongemaak en die Stad Windhoek het sakke vol vullis weggery, maar die sentrum is steeds toe. Die PDM-parlementslid Jennifer van den Heever het in die Nasionale Vergadering die onderwysministerie gevra wat gedoen word om die museum op te knap. Faustina Caley, adjunk-onderwysminister, het geantwoord.