Nederland gesels met Sierra Leone oor kokaïenkoningMarch 7, 2025

Die Nederlandse minister van justisie, David van Weel, sê hy het oor die telefoon met sy Sierra Leone-eweknie Alpha Sesay gepraat oor die Nederlandse uitleweringsversoek vir die Europese kokaïenkoning Jos Leijdekkers. Hy word internasionaal gesoek vir ernstige misdade en daar is aanduidings dat hy tans in Sierra Leone is. Reuters het vroeër berig hy het hoëvlakbeskerming in Sierra Leone gevind. Sierra Leone het voorheen gesê hy ondersoek die saak en sal saamwerk as daar ‘n uitleweringsversoek is.