Wat het Nujoma, en Geingob, se begrafnisse gekos?March 6, 2025
Daar was nie een openbare tender vir die amptelike gedenkdiens en staatsbegrafnis van stigterspresident Sam Nujoma nie. Rondom 7 miljoen Namibiese dollar is aan streke bewillig maar die totale kostes is steeds nie bekend nie. Ook nie van die dienste van oudpresident Hage Geingob nie. Die PDM se skadu-finansminister Nico Smit het in die Nasionale Vergadering antwoorde by finansminister Ipumbu Shiimi gevra.