VN-verslag wys terreur uit in Sentraal-Afrikaanse RepubliekMarch 6, 2025

‘n Verslag van die Verenigde Nasies het ‘n patroon van menseregtevergrype deur gewapende groepe in die suidooste van die Sentraal-Afrikaanse Republiek onthul wat Moslem-gemeenskappe en Soedanese vlugtelinge teiken. Ondersoeke het bewyse gevind van teregstellings, seksuele geweld, marteling en gedwonge arbeid. Die VN se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê die verslag gee besonderhede oor twee vlae aanvalle in die Mbomou- en die Haut-Mbomou-streek waarin minstens 24 mense vermoor is, insluitend slagoffers wat summier tereggestel is.
Volker Türk Donderdag