Unicef waarsku befondsingsinkortings stel die lewens van miljoene kinders in gevaarMarch 6, 2025

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds sê die aangekondigde terugsnyding en verwagte fondsinkortings deur verskeie skenkerlande sal sy vemoë beperk om miljoene kinders in ernstige nood te help. Die Amerikaanse regering het die befondsing deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling aan verskeie organisasies sonder winsbejag opgeskort. Unicef word in geheel befonds deur vrywillige bydraes van regerings, privaat sektor-vennote en individue. Die uitvoerende direkteur, Catherine Russell, sê miljoene kinders word deur konflikte geraak en moet teen dodelike siektes soos masels en polio ingeënt word.