So het jou voedselpryse gestygMarch 6, 2025

Februarie se inflasie is op 3,6 persent gemeet, op van 3,2 persent in Januarie. Die Namibiese Statistieke-agentskap het ook die voedselprysstygings bekend gemaak. Vrugte is op met 14,3 persent met koffie en tee wat met 9,6 persent gestyg het. Vleis is 8,1 persent duurder en brood en grane het jou 6,1 persent meer uit die sak gejaag. Groente is 5,7 persent duurder en vis, 5,6 persent.  Suiker-produkte is op met 4,6 persent, olies en vette met 3,2 persent. Eiers en suiwel is op met ‘n persent.