Oryx-eiendomme se vooruitsigte goed: Simonis StormMarch 6, 2025
Simonis Storm het ‘n verslag vrygestel oor Oryx-eiendomme se finansiële prestasie. Die maatskappy het jaar-tot-jaar-groei van 5,4 persent tot 237,2 miljoen Namibiese dollar in 2024 behaal, vergeleke met 2023. Die groei word grootliks toegeskryf aan verhoogde huurinkomste. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kara van den Heever, ‘n institusionele navorser by Simonis Storm, wat na die maatskappy se vooruitsigte kyk.