Opwindende byeenkomste maak Maart in Kaapstad vet pretMarch 6, 2025

Maartmaand is een van die besigste tye vir byeenkomste in Kaapstad, met ‘n gesamentlike bywoning van sowat 270 000 mense. Die metro se Geleentheidspermitkantoor monitor dié maand 109 byeenkomste. Dit sluit in die Kaapstadse Fietstoer, die Kirstenbosch Somer-sononderkonserte, die Kaapstadse Karnaval en die Kaapstadse Surf Pro. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê Kapenaars sal die maand behoorlik vermaak word.